Man met 2 322 perlemoene gevang
2011-06-10 20:03
Kaapstad – ‘n Man is in die Strand in hegtenis geneem vir
die onwettige besit van perlemoen, het die Wes Kaap polisie gesê.
Die 26-jarige man is oppad Gansbaai toe van
Kaapstad af, deur die polisie opgemerk.
Die polisie wou hom van die pad aftrek, maar hy
het van die polisie af probeer wegry..
Die polisie hom teen ‘n hoë spoed agterna
gesit het en die man is uiteindelik vasgetrek toe sy kar omslaan en teen ‘n
muur vasslaan.
Daar was blykbaar 2 322 perlemoenstukke in sy
kar.
Hy is op aanklagte van die onwettige besit van
perlemoen sowel as roekelose bestuur in hegtenis geneem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA