Man lewenslank tronk toe oor 'kroonjuwele'

2011-11-11 07:01
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – ’n Man wat ’n ander man se “kroonjuwele” vir R5 000 aan ’n Chinees wou verkoop, is gister in die Vrystaatse hooggeregshof lewenslank tronk toe gestuur nadat hy aan moord skuldig bevind is.

Dit was ’n koelbloedige moord wat Thabang Nosi (21) van Lesotho die aand van 3 Februarie vanjaar langs ’n spruit by Thaba Nchu vir geldelike gewin gepleeg het, het regter Faan Hancke gister gesê voordat hy hom tot lewenslange tronkstraf gevonnis het.

Hy het op ’n grusame en wrede wyse opgetree en op ’n weersinwekkende wyse Joseph Pitso (45) se testikels uitgesny.

Pitso was ’n sagte teiken omdat hy blykbaar beskonke en tenger gebou was, het regter Hancke gesê.

Foto’s van sy lyk langs die spruit by Ratlou, en ook die testikels wat in ’n plastiek-winkelsakkie agter Nosi se kamerdeur gekry is, is by die hof ingedien.

Nosi, wat aanvanklik skuld ontken het, het getuig hy was die vorige dag by ’n Chinees se winkel op Thaba Nchu waar hy werk gesoek het.

Die Chinees het gesê hy moet die volgende dag terugkom.

Die volgende dag het die Chinees gesê hy sal aan hom R5 000 betaal vir ’n man se testikels.

Daardie aand het hy Pitso sien loop en hom gepootjie. Toe Pitso val, het hy hom gewurg en toe sy testikels uitgesny. Hy het ’n sakkie daar sien lê, die testikels daarin gesit en is daarmee huis toe.

Luidens die staatsaak het die polisie inligting uit die gemeenskap gekry en toe op dié vonds afgekom.

Regter Hancke het aan Nosi verlof toegestaan om teen sy vonnis na ’n volbank van die hooggeregshof te appelleer. Hoewel die moord wreed is, is hy jeugdig en ’n eerste oortreder, en kan ’n ander persoon dalk op ’n ander vonnis besluit.

Adv. Sophie Giorgi het aangekla. Adv. Lawrence Tshabalala het vir Nosi opgetree. Advv. Lawrence Manye en Anchen Coetzee het regter Hancke as assessore bygestaan.

’n Aanklag van moord is vroeër in die landdroshof op Thaba Nchu deur die staat teen Wen Chen (31) teruggetrek nadat die polisie nie sy betrokkenheid by dié moord kon bewys nie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: misdaad  |  hof  |  moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,950.00

TOYOTA

PRADO VX 4.0 V6 AT
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.