Man lewenslank tronk toe ná plaasmoord
2010-12-14 16:19
Bloemfontein – 'n Man van die Noord-Kaap is lewenslank tronk toe gestuur vir 'n moord tydens 'n plaasaanval in Brandvlei in Maart 2009, het die polisie Dinsdag gesê.
Gevin Beukes (22) is in die Noord-Kaapse hooggeregshof lewenslank tronk toe gestuur vir moord, 10 jaar vir poging tot moord en tussen drie en 15 jaar vir verskeie ander misdade soos ontvoering, huisroof en inbraak, het kapt. Cherelle Ehlers, 'n polisiewoordvoerder, gesê.
Beukes en twee ander het Loudine van Blerk doodgeskiet, terwyl hy die boer, Willouw de Klerk Cilliers en 'n huishulp op sy plaas naby Brandvlei aangeval het.
Die rowers het met Cilliers en die huishulp in die boer se voertuig gevlug.
Die voertuig het omgeslaan en Cilliers en die twee rowers is dood.
Ehlers het gesê Beukes is op die plaas in hegtenis geneem en die polisie het talle gesteelde vuurwapens in die gesteelde voertuig by 'n nabye dam gevind.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA