Man kry lewenslank ná niggie se moord

2010-02-24 18:10
Tweets Share Share line Print

Pietermaritzburg – ‘n 25-jarige man van Pietermaritzburg wat sy niggie verkrag en vermoor het, is Woensdag tot twee maal lewenslange tronkstraf gevonnis in die stad se hooggeregshof.

Siphiwe Ndlovu van Nchanga het skuldig gepleit op die verkragting en die moord en het beweer dat hy die dade gepleeg het om sy ma te “straf”.

Hy het gesê dat hy kwaad was vir haar omdat sy aan ander mans gesê het dat sy nie omgee as hulle hom aanrand nie, aangesien hy moeilik was.

Hy het in Mei verlede jaar huis toe gegaan om sy ma te berispe oor haar “dislojaliteit” en het probeer om haar aan te rand, maar sy het weggekom en haarself in ‘n kamer toegesluit.

“Ek het voorgeneem om haar seer te maak deur haar kleinkind, wat haar oogappel was, dood te maak,” het hy gesê.

Hy het sy niggie by die skool gaan haal en op pad huis toe het hy gesê dat hy wil sit en rus.

Hy het ‘n ent in die bosse ingegaan en haar gevra om op sy skoot te sit, waarna hy haar verkrag het.

Toe hy klaar is het hy besef sy is in pyn en hy het “sleg gevoel”.

Hy het haar verwurg, haar kop teen ‘n stomp geslaan en veroorsaak dat haar skedel kraak. Hy het haar lyk daar gelos.

“As hy hierdie wrede, hartelose dade teen ‘n lid van sy eie familie kan pleeg, dink net wat kan hy aan ander doen,” het regter Wendy Hughes-Madondo gesê.

Sy het gesê dat hy geen vooruitsigte van rehabilitasie het nie en sy het hom aansoek tot appèl geweier.

- Sapa


 

Lees meer oor: moord  |  verkragtings

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,950.00

TOYOTA

PRADO VX 4.0 V6 AT
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.