Man kry R500 borgtog ná fietsry-tragedie
2010-03-10 05:00
Johannesburg – ‘n 62-jarige man, wat daarvan aangekla word dat hy drie fietsryers met sy bakkie doodgery het, is Dinsdag op R500 borgtog vrygelaat by die Oudtshoorn landdroshof, het polisie in die Wes-Kaap gesê.
Die saak van strafbare manslag is na 14 Mei uitgestel, het kapt. Bernadine Steyn gesê.
George Aspenaat het Maandagoggend op die R62 in die rigting van Calitzdorp gery toe hy glo probeer het om ‘n vragmotor verby te steek.
Hy het na bewering in ‘n groep fietsryers vasgery wat van die teenoorgestelde rigting gekom het.
Frank Nel, 60, Jan Eloff, 73, en Magda van Lill, 50, is op die toneel oorlede.
‘n Vierde man is in die hospitaal oorlede.
- Sapa