Man kry 15 jaar vir kindermishandeling
2010-10-22 12:27
Bloemfontein – ‘n Vrystaatse man, wat op ‘n plaas in die Edenburg-streek werk, is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis in die Bloemfonteinse hooggeregshof nadat hy ‘n vierjarige meisie mishandel het, het polisie Vrydag gesê.
Petrus Makamole (28) Is vyf jaar tronkstraf opgelê vir kindermishandeling en ‘n verdere 10 jaar vir strafbare manslag, het polisiewoordvoerder konst. Martin Xuma gesê.
Makamole het tydens die voorval die meisie se kop teen ‘n kas gekap.
Sy is na die Universitas-hospitaal in Bloemfontein geneem, maar is later na die intensiewesorgeenheid by Pelonomi-hospitaal geneem, waar sy in Junie aan haar wonde beswyk het.
Xuma het bygevoeg die hof het beslis dat die meisie gesterf het as gevolg van die beserings wat Makamole veroorsaak het, alhoewel hy nie beplan het om haar dood te maak nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA