Man kritiek na vriend hom skiet
2009-12-19 09:37
Johannesburg – ‘n Man is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Saterdag deur die kop geskiet is in ‘n kroeg in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, het paramedici gesê.
Die 40-jarige is gedurende ‘n argument deur sy vriend geskiet, ongeveer 02:30 Saterdagoggend, het ER24 woordvoerder Derrick Banks gesê.
“Hy is na Kingsway hospitaal geneem in ‘n kritieke toestand,” het Banks gesê.
- Sapa