Man kritiek ná hy deur boerboel aangeval word
2010-11-11 19:25
Johannesburg – ‘n 48-Jarige Oos-Kaapse man is in ‘n kritieke toestand nadat 'n boerboel hom Donderdag in Uitenhage aangeval het, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
“Die man het reeds ‘n operasie ondergaan, maar is steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal,” het luit. kol. Priscilla Naidu gesê.
Die man, wat ‘n huis saam met sy neef deel, was omstreeks 10:30 in die tuin toe die hond hom aangeval het.
“Die hond het gedeeltes van sy bo-arm en gesig afgebyt,” het sy gesê.
‘n Buurman wat die man se hulpkrete gehoor het, het die hond begin slaan totdat hy die man gelos het. Die hond is later uitgesit.
“Dit is nog nie bekend hoekom die hond die man aangeval het nie.”
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA