Man kritiek ná aanval in Nigel
2010-07-31 22:48
Johannesburg – ‘n Man is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal nadat hy buite ‘n restaurant in Nigel aangeval is, het paramedici in Gauteng Saterdag gesê.
“’n Man in sy veertigs veg om sy lewe nadat hy omstreeks 11:30 buite ‘n eetplek aangeval is,” het Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, gesê.
Die man is in ‘n watersloot gevind waar hy vir die dood agtergelaat is.
“Die slagoffer het ernstige hoofbeserings opgedoen en het byna in die sloot verdrink,” het Botha gesê.
Volgens Botha is die slagoffer op die toneel gestabiliseer alvorens hy per helikopter na die Charlotte Maxeke-hospitaal vervoer is.
‘n Ondersoek na die voorval is van stapel gestuur.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA