Man kritiek ná pofadder hom pik
2012-01-12 17:57
Johannesburg – ‘n Man van KwaZulu-Natal is in ‘n kritieke toestand nadat hy Donderdagoggend in Thornville, Pietermaritzburg, deur ‘n pofadder gepik is, het paramedici gesê.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man is op sy regterhand gepik terwyl hy die slang hanteer het.
Toe paramedici hom bereik het, was die man se hand erg geswel. ‘n T-hemp is om sy arm gebind in ‘n poging om te keer dat die gif na die res van sy liggaam versprei. Hy is na ‘n hospitaal in Edendal geneem.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA