Man keelaf gesny in Boksburg
2011-05-17 12:19
Johannesburg – 'n Jong man is Maandagaand keelaf gesny in Boksburg-Noord aan die Oosrand, het die polisie Dinsdag gesê.
Daar word geglo dat twee vriende, 20 en 23 jaar oud, omstreeks 20:00 deur vier mans in 'n dubbelkajuitbakkie genader.
Die vriende het toe in 'n argument betrokke geraak met die insittendes van die bakkie en 'n geveg het uitgebreek.
"Oomblikke later het die 23-jarige slagoffer wat oorleef het na sy vriend gaan soek en op sy lyk afgekom," het die polisie se Tshisikhawe Ndou gesê.
Die polisie sê hulle is op die spoor van die jong man se aanvallers, maar wou nie spekuleer oor die motief van die moord nie.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA