Man jaag in boewe in sy oprit vas
2010-09-14 11:25
Kaapstad – Twee mans is in hegtenis geneem nadat ‘n huiseienaar in Rondebosch, Kaapstad, ‘n vreemde motor in sy oprit gesien het, berig iol.
Die man het toevallig Maandagmiddag verby sy huis gery toe hy ‘n vreemde motor in die oprit gewaar het.
Met die terugdraai-slag het hy twee mans gewaar wat by die oprit afstap en by die motor inklim.
Die man het toe in die inbrekers se motor vasgery en dit tot ‘n stilstand gebring. Hy het met die hulp van omstanders die twee vasgekeer en verhoed om te ontsnap.
Lees meer by iol
Volg Nuus24 op Twitter