Man in tronk ná hy seun verkrag
2010-07-07 19:16
Bloemfontein – ‘n Vrystaatse man het Woensdag 30 jaar tronkstraf gekry in ‘n hof in Bloemfontein nadat hy ‘n 15-jarige seun verkrag het, het die polisie gesê.
Volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het die voorval op 18 Junie 2008 plaasgevind.
Die polisie het die seun kaal in die verdagte se huis gevind nadat sy vriende buite die perseel op die sypaadjie vir hom gesit en wag het. Die polisie het die kinders ondervra en toe ondersoek ingestel.
“Die seun is kaal in die man se slaapkamer gevind,” het Thakeng gesê.
‘n Saak van verkragting is teen die 40-jarige man aanhangig gemaak en hy is in hegtenis geneem.
‘n Mediese ondersoek het bevestig dat die seun verkrag is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA