Man in tjoekie ná hy sy meisie verkrag
2010-11-12 23:52
Johannesburg – ‘n Man is in Katlehong in hegtenis geneem nadat hy glo sy meisie verkrag het omdat sy hul verhouding wou beeïndig het, het die Johannesburgse polisie gesê.
Die 33-jarige vrou het haar kêrel in Likole, Katlehong gaan besoek met die doel om hul verhouding te beeïndig, het kapt. Mega Ndobe gesê.
Die 31-jarige man het geweier om haar besluit te aanvaar en het haar Donderdag omstreeks 17:30 verkrag.
Die vrou het die voorval by die polisie aangemeld en die man is Donderdagaand by sy huis gearresteer.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA