Man in rug en oog gesteek in straatgeveg
2010-05-17 00:02
Johannesburg – ‘n Man (20) is Sondag in sy ruggraat en oog gesteek tydens ‘n straatgeveg in Sewendelaan, naby Willowale in die Oos-Kaap, het die polisie gesê.
Volgens adjudant-offisier Zandifili Nelani was die man betrokke in ‘n bakleiery met twee ander mans.
“Toe die polisie by die toneel opdaag, was hulle steeds besig om hom te steek,” het Nelani gesê.
Hy is in ‘n kritieke toestand na die Port Elizabeth hospitaal geneem.
Die twee mans is in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte van poging tot moord en aanranding.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.