Man in plaashuis doodgeskiet
2009-10-23 15:29
Johannesburg – ‘n Man is doodgeskiet tydens ‘n rooftog by ‘n plaashuis in Hartbeesfontein naby Brits, het die polisie in Noordwes gesê.
Volgens supt. Lesego Metsi, polisiewoordvoerder, het drie verdagtes omstreeks 03:00 by die plaashuis ingebreek terwyl die inwoners geslaap het.
Charles Smith, het die geraas gehoor en ondersoek gaan instel. Een van die rowers het hom in die maag geskiet.
Smith het met sy aankoms by die Medi-Clinic in Brits gesterf.
– Sapa