Man in hof wat bejaarde broer, suster vermoor
2011-12-01 21:59
Durban – ‘n Man wat verbind word met die moord op ‘n bejaarde broer en suster sal Vrydag in die Durbanse landdroshof verskyn, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
Die 27-jarige man word van dubbele moord aangekla en ‘n klag van diefstal kan bygevoeg word, het lt. kol. Vincent Mdunge Donderdag gesê.
Die man het na bewering Maandag die 72-jarige Crystal Roberts in haar huis in Greenwood Park, Durban, vermoor. ‘n Familielid het op haar lyk afgekom. Sy is verwurg en gesteek. Die huis is geplunder.
‘n Skootrekenaar, selfoon en ‘n voertuig is gesteel, het kol. Jay Naicker Woensdag gesê.
Haar broer is ook Maandag dood gevind in ‘n hotel in Durban.
Voorlopige verslae dui daarop dat Dennis Roberts verwurg is, het hy gesê.
Volgens Naicker is die vermeende moordenaar Woensdagoggend in die Oos-Kaap vasgetrek.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA