Man in hof vir verkragting van laerskoolkinders
2010-12-02 10:39
Johannesburg – ‘n 40-jarige man sal Donderdag in Germiston in die landdroshof verskyn in verband met die verkragting van sewe meisies van die Laerskool Katlehong, het die polisie in Gauteng gesê.
“Na bewering is die meisies sedert April by die verdagte se huis verkrag,” het kapt. Mega Ndobe, polisiewoordvoerder, gesê.
Die verdagte is Woensdag in Oos-Ramonokopi in hegtenis geneem nadat een van die slagoffers se ma onraad vermoed het.
Verskeie aanklagte is teen die verdagte aanhangig gemaak.
Die saak word steeds deur die polisie ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA