Man in hof vir moord op raadslid
2011-08-08 17:34
Johannesburg – ‘n Man het Maandag in die Rustenburg-landdroshof verskyn in verband met die moord op ‘n raadslid van die stad, Moss Phakoe.
Die saak teen Enoch Matshaba is tot 16 Augustus uitgestel vir ‘n borgtogaansoek.
Matshaba, ‘n lid van die ANC se gewapende vleuel, uMkhonto we Sizwe, is Donderdag in hegtenis geneem.
Phakoe is op 13 Maart 2009 in die oprit van sy huis doodgeskiet nadat hy ANC-plakkate vir die nasionale verkiesing opgesit het.
Hy is vermoor nadat hy ‘n verslag oor korrupsie in die Rustenburg-munisipaliteit ingedien het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA