Man in hof oor ‘mortierplan’ vir sportstadions

2011-11-08 08:07
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Een van die “stigters” van die sogenaamde Boere-kommando het glo vuurwapens, waaronder ’n mortier en semi-outomatiese masjiengewere, in sy huis en beeskraal weggesteek “vir die selfverdediging van die blanke bevolking”.

Johannes Jacobus Scheepers (48) van Bapsfontein, oos van Pretoria, wou glo tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi sportstadions met mortiere aanval. Luidens die klagstaat teen hom in die Pretoria-streekhof sou dit eers op swart woonbuurte “getoets” word.

Hy het Maandag op tien aanklagte van onder meer terrorisme, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, die besit van verbode wapens, traangas, handgranate, ’n mortier en lanseerder en ses tuisgemaakte handgranate verskyn. Die saak is uitgestel.

Scheepers is verlede jaar kort voor die sokkertoernooi gearresteer. Hy is later op borgtog van R25 000 vrygelaat.

Die aanklag van terrorisme spruit daaruit dat Scheepers glo tussen 16 Desember 2009 en
7 April 2010 saamgesweer het om terroriste-aktiwiteite en handelinge van geweld in die republiek te pleeg.

Opleidingskampe van die Boere-kommando, waarvan Scheepers glo ’n bestuurslid was, is gereël en hy het na bewering in samewerking met ander mense outomatiese wapens gemaak en versamel.

“Hulle wou die Republiek van Suid-Afrika onkonstitusioneel terugneem,” lui die klagstaat.

Van die handkarabyne wat gevind is, sou gebruik word om verkeers- en polisiebeamptes wat “inmeng” te skiet.

Lt.kol. Noel Zeeman, ondersoekbeampte, het in ’n verklaring gesê hulle het op 4 April verlede jaar 03:30 op Scheepers se plaas toegesak. Hy het weggehardloop. In die huis is onder meer 27 semi-outomatiese masjiengewere gevind. In ’n bedekte gat in die beeskraal is houers met traangas, handgranate, ligfakkels en ’n mortier gekry.

Pype van verskillende lengtes en groottes is na bewering in Scheepers se werkwinkel gekry.

Die polisie het ook inligting ontvang dat Scheepers ’n woonwa in Middelburg het. Daarin was glo nóg vuurwapens.

Scheepers het homself die middag aan die polisie oorgegee.

“Geen van die vuurwapens (wat die polisie gevind het) is as gesteel aangemeld nie en die eienaars moet nog opgespoor word,” het Zeeman gesê.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: rassisme  |  hofsake  |  terrorisme

Lewer kommentaar op hierdie artikel
36 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,950.00

TOYOTA

PRADO VX 4.0 V6 AT
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.