Man in hof oor Bees se kredietkaart
2010-09-06 10:07
Johannesburg – ‘n Man sou Maandagoggend in die landdroshof in Pretoria verskyn in verband met die diefstal van die Blou Bul-stut Bees Roux se kredietkaart, het die polisie gesê.
“Hy is 17:45 Vrydagaand in hegtenis geneem,” het brig. Mahlomola Manganye van die Sunnyside polisiestasie in Pretoria gesê.
“Dit is nie in verband met die moord nie, maar in verband met die kredietkaart. Hy is die een wat daarvoor aangekla was dat hy die kredietkaart gebruik het.”
Manganye wou nie verdere besonderhede gee oor hoe die man vasgetrek is nie.
“Ons het leidrade gevolg...ons stel nog ondersoek in,” het hy gesê.
Roux het verlede Maandag in die Pretoriase streekshof verskyn en is op R100 000 borgtog vrygelaat nadat hy glo ‘n metropolisie-beampte op 27 Augustus doodgeslaan het.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA