Man in hof na moord, verkragting
2009-12-11 00:33
Johannesburg – ‘n 26-jarige man word daarvan verdink dat hy ‘n sesjarige meisie verkrag en ‘n jong seuntjie (5) vermoor het.
Die verdagte, Eliot Mathiba, het Donderdag in Thabamoopo in die landdroshof verskyn.
Volgens kapt. Mamphaswa Seabi, polisiewoordvoerder, is die saak tot 21 Januarie uitgestel en sal Mathiba in aanhouding bly.
“Hy het skuldig gepleit tydens sy eerste verskyning in die hof kort nadat hy in hegtenis geneem is,” het Seabi gesê.
Na bewering het die voorval, waarin die meisie verkrag en die seun vermoor is, reeds in Desember 2005 plaasgevind.
–Sapa