Man in hof ná moord op driejarige
2011-10-10 20:50
Kaapstad – ‘n Man wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n driejarige seun vermoor het, het Maandag in die Athlone-landdroshof verskyn, het die polisie in Kaapstad gesê.
Die 21-jarige man sal na verwagting op 17 Oktober formeel om borgtog aansoek doen, het ao. November Filander gesê.
Sy naam is nog nie bekend gemaak nie.
Die man is Vrydagoggend by sy huis, reg langs die vermoorde kind se huis, in Gugulethu in hegtenis geneem.
Filander het gesê die polisie het die man met die moord verbind nadat hulle die kind se lyk in ‘n tas in sy kamer gekry het.
Die seun is in die nek gesteek, vermoedelik met ‘n mes wat op die toneel gevind is.
Die motief vir die moord is nog nie duidelik nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA