Man in hegtenis vir ontvoering van kind
2011-09-21 19:42
Johannesburg – ‘n Man is in Philippi, Kaapstad, in hegtenis geneem vir die ontvoering van ‘n vierjarige meisie, wat later dood gevind is, het die polisie Woensdag gesê.
Die 25-jarige man is Dinsdagaand in hegtenis geneem en word voorlopig van ontvoering aangekla, maar die ondersoek duur nog voort, het ao. November Filander gesê.
Volgens hom is die kind, Aviwe Speelman, vroeg in September ontvoer.
“Verbygangers het haar lyk tussen bosse naby haar huis in Khayelitsha gekry ‘n dag ná haar verdwyning.” Sy is verwurg.
Die man sal na verwagting Vrydag in die Khayelitsha-landdroshof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA