Man in hegtenis ná hy glo sewejarige verkrag
2011-12-27 10:25
Butterworth, Oos-Kaap – 'n 52-jarige man is in hegtenis geneem ná hy na bewering 'n sewejarige meisie in Manqulo naby Butterworth verkrag het, het die Oos-Kaapse polisie Dinsdag gesê.
Die meisie is Vrydagaand saam met haar tweelingsuster by die huis gelaat, het kapt. Jackson Manatha gesê.
Die man, wat glo 'n verhouding met die meisie se ma het, het die huis in die aand binnegegaan en die meisie na bewering verkrag.
Manatha het gesê die familie wou die saak self hanteer, maar die polisie het vinnig opgetree toe hulle daarvan te hore kom.
Die man is Maandag in hegtenis geneem.
– Volg nuus24 op Twitter.
- SAPA