Man in bene gewond tydens skietery
2010-05-28 11:39
Johannesburg – ‘n 32-jarige verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal nadat hy in beide bene gewond is tydens ‘n skietery, het die polisie in die Oos-Kaap Vrydag gesê.
“Die man is Donderdagaand deur polisie in Mthatha opgespoor. Hy word gesoek in verband met ‘n gewapende rooftog in Elliotdale wat Maandag plaasgevind het,” het lt. kol. Mzukisi Fatyela, polisiewoordvoerder, gesê.
‘n Skietery het tussen die verdagte en die polisie uitgebreek en die verdagte is in beide bene gewond voordat hy in hegtenis geneem is.
Hy sterk nou in die Mthatha-hospitaal aan en sal van gewapende roof aangekla word.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.