Man in PE vermoor
2011-12-31 18:03
Johannesburg – ‘n Agt-en-dertigjarige man is Saterdag in die vroeë oggendure in Airport Valley, Port Elizabeth, vermoor, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Volgens kapt. Stanley Jarvis is die man omstreeks 00:30 vermoor nadat daar vermoedelik ‘n rusie was. Daar was alkohol betrokke in die voorval.
Jarvis het gesê dat die polisie deur die bure in kennis gestel is.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek die saak.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA