Man in Oos-Kaap vas vir moord
2011-12-28 13:00
Durban – 'n 32-jarige man is Woensdag in verband met die moord op 'n 55-jarige vrou in Thoboshane naby Butterworth in hegtenis geneem, het polisie in die Oos-Kaap gesê.
Kaptein Jackson Manatha het gesê Vuyelwa Booi is doodgesteek met 'n mes, op Kersdag gevind.
"Sy het in 'n plas bloed gelê."
'n Buurman het ondersoek gaan instel nadat sy 'n dag lank nie gesien is nie, en het haar dood gevind.
"Ons ondersoek ook die moontlikheid dat sy verkrag is," het Manatha gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA