Man in Kaapse woonstelgebou vermoor
2011-12-21 17:30
Kaapstad – Die lyk van 'n 47-jarige man is Woensdagoggend in 'n woonstelgebou in Seepunt, Kaapstad, gevind, het die Wes-Kaapse polisie gesê.
Kapt. FC Van Wyk het gesê die polisie is gekontak nadat die lyk van die 47-jarige Gavin Antonio omstreeks 12:35 in sy kantoor in die Aquarius-woonstelgebou gevind is.
Van Wyk het gesê Antonio was op nagskof as die geboubestuurder. Sy kop is met 'n sak toegemaak en 'n tou is om sy nek gedraai.
Niemand is in hegtenis geneem nie en die motief vir die moord is onbekend.
– Volg Nuus24 op Twitter