Man in Durban se middestad doodgeskiet
2010-09-02 18:08
Durban – ‘n 48-jarige man is Donderdagmiddag in Durban se middestad doodgeskiet, het paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
“Die man is ses keer op Victoriastraat in Durban geskiet. Paramedici het probeer om hom by te bring, maar hy is op die toneel oorlede,” het Jeff Wicks, woordvoerder vir Netcare 911, gesê.
Volgens Wicks is ‘n man glo in verband met die voorval in hegtenis geneem.
Die polisie was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA