Man gou voor ná Matie (20) verkrag is

2010-10-30 11:00
Tweets Share Share line Print

Stellenbosch - ’n Man (22) sal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn in verband met die beweerde verkragting van ’n 20-jarige Matie wat vroeër vandeesmaand in haar meenthuis hier oorval is.

Die verdagte, wie se naam nie genoem kan word voor hy in die landdroshof op dié aanklag gepleit het nie, is op 16 Oktober in hegtenis geneem.

Die man is in hegtenis geneem nadat ’n jong vrou op 16 Oktober omstreeks 06:30 in haar meenthuis deur ’n gewapende man oorval is. Sy woon in ’n sekerheidskompleks, Simonsrust, naby die Simonsrust-sentrum in Cluverstraat.

Kapt. René Matthee, Stellenbosch se polisiewoordvoerder, het gesê die vrou, ’n student aan die Universiteit Stellenbosch, het vroegoggend opgestaan om haar hond uit te laat. Sy het later weer gaan slaap. Sy het later wakker geskrik en ’n gewapende man was langs haar bed. Hy het ’n mes in sy hand gehad.

 “Die slagoffer het geskreeu. Die verdagte het glo vir haar gesê om stil te bly. Hy het haar na die spaarkamer geneem en haar na bewering verkrag. Hy het haar daarna in die badkamer toegesluit,” het Matthee gesê.

Die slagoffer het ’n gat in die badkamerdeur geskop waardeur sy kon kruip en het hulp ontbied. Haar bure het die polisie gebel.

Volgens Matthee is ’n skootrekenaar, ’n Blackberry-selfoon, ’n beursie, ’n rybewys, bankkaarte en ’n iPod gebuit.

’n Uur ná die beweerde voorval het lede van die Stellenbosch-polisie in die Simonswyk-gebied gepatrolleer. “Die beamptes het ’n verdagte motor met drie insittendes gesien en die voertuig van die pad getrek. Die gesteelde goedere is in dié voertuig gevind.

“Die beskrywing wat die slagoffer gegee het van die beweerde verkragter, het ooreengestem met een van die mans in die voertuig. Die drie insittendes is in hegtenis geneem,” het Matthee vervolg.

Twee van die verdagtes is vir die besit van gesteelde goedere aangekeer. Twee van die drie verdagtes sal Maandag om borgtog aansoek doen. ’n Saak van verkragting en huisbraak word ook ondersoek.

- Die Burger

Lees meer oor: verkragtings  |  misdaad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,950.00

TOYOTA

PRADO VX 4.0 V6 AT
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.