Man glo sonder rede in hegtenis geneem

2010-09-02 13:07
Tweets Share Share line Print

Neels Niemand wat glo onregmatig deur twee polisiebeamptes in hegtenis geneem is. (Maradine Whitehorn)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Pieter Steyn

Bloemfontein - ’n Jong Bloemfonteinse man is Dinsdagmiddag glo verkeerdelik deur die polisie in hegtenis geneem.

Neels Niemand (20) het Woensdag aan Volksblad vertel twee polisiebeamptes van die Navalsig-polisiekantoor het sonder om ’n woord te rep langs hom gestop, hom geboei en agter in die polisievangwa geboender.

“Ek was op pad om drie DVD’s wat ek gehuur het te gaan teruggee. Ek het deur die spruit naby Normandielaan in Noordhoek gestap toe ek die polisiebakkie sien aankom. Hulle het langs my gestop en my sonder om ’n woord te rep geboei en agter in die vangwa gegooi. Hulle wou my nie antwoord toe ek vra waarom ek in hegtenis geneem word nie. Daarna het hulle deur die veld gejaag.”

Niemand sê hulle het toe gestop in Normandielaan en met ’n vrou Sotho gepraat.

“Die een, ’n konstabel, het my toe gevra waar is my ‘white bra’ en die twee selfone en beursie wat ek gesteel het. Ek het ontken dat ek dit gedoen het. Hulle het my sakke deurgesoek en my selfoon en beursie gevat.” Hulle het dit later weer teruggegee.

Niemand sê hulle het nog ongeveer ’n halfuur met die vrou gepraat, terwyl hy geboei gestaan het. Daarna het hulle hom laat gaan. “Ek het gevra of hulle my net weer sal gaan aflaai waar hulle my opgelaai het, waarop hulle toe geantwoord het ek moet maar self regkom.”

Niemand sê hy is baie kwaad en hoop nie die twee beamptes kom skotvry daarvan af nie.

“Ek het ’n aanrandingsklag ingedien.”

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het bevestig ’n klag van aanranding word ondersoek en die polisie sal vandag in ’n verklaring op Volksblad se navrae reageer.

- Volksblad

Lees meer oor: misdaad  |  polisie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Hierdie moordenaars is heel duidelik totaal gewetenlose psigopate. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.