Man glo deur sy broer doodgesteek
2011-10-08 11:20
Johannesburg – ‘n Man is Saterdagoggend glo deur sy broer in Willowmore doodgesteek, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
“Daar was ‘n argument tussen ‘n ma en haar seun en tydens die argument het een van die broers ‘n mes uitgehaal en die ander broer daarmee gesteek,” het ao. Zandisile Nelani gesê.
Die 29-jarige is omstreeks 05:00 op die toneel dood, het Nelani gesê.
Sy 21-jarige broer is in hegtenis geneem en is aangekla van moord.
Hy sal Maandag in die landdroshof op Willowmore verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA