Man gewond in mislukte kaping
2009-08-12 12:37
Durban- ‘n Man is Woensdagoggend gewond en in die hospitaal opgeneem tydens ‘n mislukte kaping op die R612 buite Umzinto, Durban.
Volgens nooddienswerkers op die toneel het die verdagtes die man glo in die maag geskiet en van die toneel gevlug.
Netcare911 kon die slagoffer op die toneel stabiliseer en na die Prince Mshiyeni hospitaal in Durban vervoer.
Geen verdere inligting rakende die voorval is nog bekend gemaak nie.
–Netcare 911