Man geskiet wat van polisie vlug
2011-08-25 18:59
Johannesburg – ‘n Man wat van die polisie gevlug het nadat hy ‘n winkel in Johannesburg probeer beroof het, is Donderdag doodgeskiet, het die polisie gesê.
Volgens ao. Xoli Mbele was polisiebeamptes op patrollie toe hulle vyf mans gesien het wat by die Fair Price-winkel op die hoek van Von Brandis- en Jeppestraat probeer inbreek het.
Toe die mans weggehardloop het, het een van hulle ‘n vuurwapen op die polisie gerig. Hy is toe doodgeskiet. Twee mans is in hegtenis geneem en twee het gevlug.
Die polisie het beslag gelê op twee koevoete en ‘n vuurwapen – wat toe eintlik ‘n speelgoed-geweer was.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA