Man geskiet toe hy susters help
2010-06-29 14:00
Durban – ‘n Man is in ‘n kritieke toestand nadat hy Dinsdagoggend geskiet is tydens ‘n kaping in Wybank, Pinetown, het die polisie gesê.
“Die man is geskiet toe hy probeer het om sy twee susters te help toe hulle by hul huis gekaap word," het lt. kol. Vincent Mdunge gesê.
Die man en sy susters was besig om die huis te verlaat toe drie gewapende mans hul motorsleutel geeïs het.
Die bestuurder het probeer om in trurat weg te jaag, maar die huis getref.
"Toe hul broer gaan kyk wat aangaan, is hy geskiet.”
Die polisie ondersoek ‘n saak van gewapende roof, poging tot moord en kaping.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA