Man gee homself oor ná poskantoor-moord
2011-01-26 11:34
Johannesburg – 'n Man wat vermoedelik 'n Johannesburgse poskantoor-werker twee weke gelede vermoor het, het homself aan die polisie oorgegee.
Magda Frazer is deur 'n kollega met 'n hamer by die Highlands-Noord-poskantoor doodgeslaan.
Daar word vermoed dat sy hom dalk betrap het terwyl hy by die poskantoor ingebreek het.
Die polisie het 'n soektog na die man van stapel gestuur nadat kringtelevisiekameras gewys het hoe hy na bewering die moord pleeg.
Philip Maganedisa, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het die man deur adresse op sy selfoon opgespoor.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter