Man gee homself oor ná moord
2012-01-24 18:54
Johannesburg – ‘n Twee-en-twintig-jarige man het homself aan die owerhede oorgegee nadat hy na bewering ‘n tiener in Wentworth, Durban, vermoor het, het die polisie Dinsdag gesê.
“Die man het homself Maandag aan die owerhede oorhandig,” het kapt. Thulani Zwane gesê.
Lavelle Theron was glo Vrydagaand voor die aanval in ‘n argument met die man betrokke. Theron is geskiet en het op pad na die hospitaal gesterf.
Die man sal Woensdag in die Durban-landdroshof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA