Man erken hy is skuldig aan onwettige oorplantings
2010-11-23 14:01
Durban – Samuel Ziegler, een van die agt mense wat daarvan beskuldig is dat hulle by onwettige nieroorplantings betrokke was, het skuldig gepleit op 50 aanklagte teen hom.
Daar is in die kommersiële misdaadhof in Durban gehoor dat Ziegler daarvan bewus was dat dit waarmee hy besig was onwettig was.
Vier chirurge, ‘n dokter, ‘n vertaler en nog twee voormalige werknemers van Netcare is in Oktober gedagvaar.
Dit volg nadat die NKZ-hospitaal verlede maand skuldig bevind is op aanklagte wat verband hou met onwettige oorplantings.
Hulle het skuld erken en ‘n R4 miljoen boete ontvang.
NKZ het 100 aanklagte in die gesig gestaar, insluitende dat die hospitaal se werknemers niere op onwettige wyse tussen 2001 en November 2003 bekom het.
Hulle is ook daarvan aangekla dat hulle oorplantings gedoen het waar vyf van die skenkers kinders was. Hulle is vir die operasies betaal.
Mense, hoofsaaklik Brasiliane, is so min as R42 000 betaal om hul niere aan Israeliese pasiënte te skenk.
Dr. Richard Friedland, Netcare se uitvoerende hoof, is daarvan beskuldig dat hy bewus was van die onwettige oorplantings en dat hy toegelaat het dat dit voortgaan.
Aangesien NKZ skuldig gepleit het, is die aanklagte teen Friedland onvoorwaardelik teruggetrek.
Nie een van persone wat Dinsdag in die hof verskyn het werk meer vir Netcare nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA