Man en vrou doodgeskiet, kind oorleef
2011-10-23 21:01
Johannesburg – ‘n Man en ‘n vrou is in Katlehong gevind waar hulle doodgeskiet is, met ‘n driejarige seun wat in ‘n kritieke toestand is, het die polisie in Gauteng Sondag gesê.
“Die polisie is Saterdag omstreeks 20:45 ontplooi na ‘n toneel waar ‘n vrou, ‘n driejarige seun en ‘n man koeëlwonde in hul bolywe gehad het,” het lt. kol. Lungelo Dlamini gesê.
“Die man en vrou is op die toneel dood verklaar en die kind is na ‘n hospitaal geneem. Hy is in ‘n kritieke toestand,” het hy gesê.
‘n Ongelisensieerde vuurwapen is op die toneel gevind. Die ondersoek duur voort.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA