Man en sy tuinier verwurg
2009-11-26 00:35
Johannesburg – ’n Man en sy tuinier is Woensdagoggend op die Swawelpoortplot in Boschkop, dood aangetref, het die plaaslike polisie gesê.
Die twee mans se liggame is omstreeks 08:00 die oggend deur ander werkers gevind, het insp. Hans Mashishi gesê.
"Hulle is altwee met ‘n stuk tou verwurg.
Niks is gesteel nie en niemand het enigiets gesien nie,” het Mashishi gesê.
-Sapa