Man eis oor polisie 'nie reg optree'

2011-10-09 10:59
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – ’n Nutsman van Bellville gaan Maandag ’n siviele eis van R500 000 teen die minister van polisie instel nadat hy in Mei 2009 aangekla is van die moord op ’n 17-jarige seun.

Francois Pretorius (25) glo die polisie het onregmatig opgetree.

Rapport het destyds berig Pretorius was op 28 Maart 2009 ’n gas op die troue van Ryand en Linda Liebenberg op die plaas Rusticana, buite Klapmuts.

Hy het toe die seun, Adriaan Plaatjies, betrap waar hy glo by ’n motor ingebreek het. Van die gaste het toe glo nadergekom en Adriaan aangerand.

’n Erg beseerde Adriaan – sy lewer was geskeur – is die volgende oggend 06:00 langs ’n grondpad etlike kilometer van Rusticana gevind.

Hy is dood voordat mediese hulp opgedaag het en Pretorius is toe van moord aangekla.

Hy het egter skuld ontken en is op borgtog van R500 vrygelaat.

Die staat se getuies kon tydens die verhoor in die Paarl-streekhof Pretorius nie met die aanval op en dood van Adriaan verbind nie.

Ná versoek van sy regspan het landdros Anne-Marie Immelman op 1 September vanjaar die aanklag teen Pretorius laat vaar.

Vrydag het Katriena Plaatjies, Adriaan se ma, haar “skok en verbasing” uitgespreek.

“Wie gaan nou sê wié my seun vermoor het?” wou ’n hartseer Plaatjies weet. “Ek voel nie lekker nie. Adriaan se pa (André Daniels) gaan Maandag na die polisie om te hoor of hulle nog die skuldiges gaan soek.”

Vir Pretorius is die uitslag “’n groot verligting”.

“Ek het twee jaar lank ’n swaard oor my kop gehad. My sakeonderneming het baie werk verloor, want mense wou my moeilik in hul huis toelaat.”

Kabelo Mogale, ’n staatsaanklaer, sê enige nuwe vervolging kan slegs volg indien ’n lid van die publiek met nuwe inligting oor die betrokke voorval na vore kom sodat die polisie ’n prima facie-saak kan bou.

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: sapd  |  polisie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,950.00

TOYOTA

PRADO VX 4.0 V6 AT
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.