Man dood toe trekker op hom val
2010-01-22 22:56
Johannesburg – ‘n 30-Jarige munisipale werker is Vrdyag in Delmas, Mpumalanga dood, toe die trekker waarop hy gery, bo-op hom geval het, het die paramedici gesê.
Munisipale werkers was besig om opgraderingswerk by ‘n grondpad in Delpark te doen, toe die bestuurder probeer het om die trekker oor ‘n hoop sand te ry, het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24 gesê.
“Die trekker het agteroor geval en die passasier op die trekker in die proses noodlottig getref.”
Die drywer van die trekker is ongedeerd. Die saak word steeds deur die polisie ondersoek.
- Sapa