Man dood toe bakkie oor hom ry
2011-11-05 19:05
Johannesburg – 'n Man is dood ná hy uit 'n afleweringsvoertuig geslinger is toe die voertuig Saterdag oor 'n spoedhobbel in Malvern, Durban gery het, het paramedici gesê.
Vanessa Jackson, woordvoerder vir ER24, sê die man, 35, het saam met 'n ander man agter in 'n bakkie in Spence-straat gery toe die voertuig oor 'n spoedhobbel beweeg het.
Die bakkie het 'n oop bak met 'n metaalraam gehad.
"Een van die mans het die metaalraam gegryp toe hy uit die bewegende voertuig geslinger is, maar die ander man is vorentoe geslinger, en het op die pad geland voor die bakkie oor hom gery het," het Jackson gesê.
Hy is dood weens ernstige beserings aan die boonste helfte van sy liggaam.
Die ander passassier, 'n man in sy twintigerjare, het net geringe beserings opgedoen en het nie enige verdere behandeling nodig gehad nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA