Man dood, ses beseer ná Vanderbijlpark-ongeluk
2011-09-19 21:02
Johannesburg – ‘n Man is Maandag dood en ses mense is beseer in ‘n motorongeluk in Vanderbijlpark in die Vaaldriehoek, het paramedici gesê.
Die bakkie en die Mercedes-Benz-bussie het omstreeks 17:00 teen mekaar gebots in Stokkiesdraaiweg, het André Visser, woordvoerder van ER24 gesê.
Die bestuurder van die bakkie is op die toneel dood. Drie passasiers in die bussie is beseer.
‘n Vrou en haar dogter, wat in die bussie was, is ook beseer.
Al die beseerdes is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA