Man dood, nege beseer in Westonaria-ongeluk
2011-10-11 19:01
Johannesburg – ‘n Man is dood en nege mense is ernstig beseer in ‘n botsing Dinsdag tussen ‘n minibus-taxi en ‘n vragmotor in Westonaria, wes van Johannesburg, het die polisie gesê.
Die minibus het teen 15:00 pas op die N12-snelweg geklim toe ‘n vragmotor van agter af daarteen vasgery het, het konst. Thembi Masango gesê.
‘n Dertigjarige man is op die toneel dood. Die beseerdes, wat die taxibestuurder insluit, is na die Leratong-hospitaal geneem.
Die mense in die vragmotor is nie beseer nie.
‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA