Man dood in ongeluk in KZN
2009-11-29 10:08
Johannesburg – ‘n Man is dood nadat hy deur ‘n motor omgery is toe hy oor die M13 naby Berea-Wes in KwaZulu-Natal geloop het, het paramedici Sondag gesê.
“Die man se liggaam het van die motor se masjienkap af gebons en deur die voorruit van die motor gedruk,” het Jeff Wicks van Netcare 911 in ‘n verklaring gesê.
Die VW Golf 5 het die man Saterdag getref en ongeveer 50 meter verder tot stilstand gekom.
In ‘n ander insident is drie mense Sondagoggend ernstig beseer in ‘n ongeluk reg van voor op die M4 naby Qualitystraat in Durban.
Die motors is saamgedruk op die toneel gevind. Die twee insittendes van die ander motor moes uit die wrak gesny word.
Al drie is na ‘n hospitaal geneem.
- Sapa