Man dood in ongeluk, broer vasgetrek
2009-12-03 18:30
is Johannesburg – ’n Man (18) is dood en sy broer (28) is vir strafbare manslag in hegtenis geneem nadat hul motor Donderdag buite Graaff-Reinett omgeslaan het, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
Die ongeluk het om 04:00 gebeur toe hulle sowat 20 km buite Graaff-Reinett beheer oor die motor verloor het, het insp. Sean Fry gesê.
Die een broer is toe in hegtenis geneem.
Die man het in die landdroshof op Graaff-Reinett verskyn, maar Fry kon nie onmiddellik besonderhede oor die hofverskyning gee nie.
- Sapa