Man dood aan onderpunt van krans gevind
2012-02-06 20:54
Johannesburg – ‘n Man is Maandag dood gevind aan die onderpunt van ‘n krans naby Romanweg in Molweni, Durban, het paramedici gesê.
Plaaslike inwoners het nooddienste gekontak en gesê die man het vermis geraak nadat hy Sondag na sy pa se vee gaan soek het, het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê.
Toe die man nie teruggekeer het nie, het hulle na hom gaan soek en hom aan die onderpunt van die krans gevind.
Vier plaaslike mans het daarin geslaag om teen die krans af te klim. Hulle het die man na die pad opgebring, het Jackson gesê.
Die man is op die toneel dood verklaar.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA