Man deur vriend doodgesteek
2012-01-04 11:00
Johannesburg – ‘n Twee-en-vyftigjarige man van Soweto is dood nadat hy deur ‘n vriend by ‘n sjebien in die maag gesteek is, het die polisie in Johannesburg Woensdag gesê.
Volgens ao. Kay Makhubela het ‘n groep vriende Dinsdagaand saam drankies gedrink by die sjebien in Zola 3, Jabulani, toe ‘n bakleiery uitgebreek het.
Een van die mans het die sjebien verlaat en het later teruggekeer met ‘n mes. Hy het sy 52-jarige vriend met die mes in die maag gesteek.
Hy is later in die hospitaal dood.
Die polisie het ‘n 50-jarige man in hegtenis geneem. Hy sal binnekort in die Protea-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA